George Passiespele 2026. Three crosses on a hill at sunrise, promoting the George, South Africa, passion play.

Die droom

Om die paasfees op 'n unieke manier te beleef regoor die stad van George.

Dit is die stad van George (die mense) wat dit aanbied - nie een kerk, nie een gemeenskap of deur een medium nie. Ons wil graag hande vat met kerke, geloofsgemeenskappe, teater groepe, kore, selgroepe, belangstellendes, ens. om 'n unieke ervaring te skep vir die mense van George en omgewing.

Die anker stuk is 'n verhoog produksie met sang en kore wat die storie van paasfees uitbeeld op 'n kragtige manier. Die bekende skrywer Maretha Maartens het 'n stuk genaamd 'Daar is die lam' geskryf wat opgevoer gaan word. Die stuk is al voorheen in Bloemfontein opgevoer en sy het die stuk (verniet) beskikbaar gestel aan die mense van George.

Ons beplan ook om geleenthede te skep vir ander kerke (of groepe) om bv. 'n "stap na die kruis", 'n "diens by die oop graf", 'n "biduur by die botaniese tuine" ens. aan te bied. Die George Passiespele is dus 'n hele paar geleenthede regoor die paastyd, waar daar dieper en op unieke maniere die paasfees gevier gaan word.

Wie bied dit aan?

Die stad van George (dus die mense / vrywilligers) met André Louw wat die rol van vervaardiger vertolk en Madie Calitz van Calindo Productions as regiseur van die verhoor produksie. Verdere rol verdelings sal op 'n latere stadium gedoen word. (Ons noem dit rolverdelings aangesien al die betrokkenes net daai rol vertolk, dit word nie gedoen tot eie eer nie, ons is net spelers in die produksie en uitvoerding van die plan).

Vir wie is dit tot bate?

Daar gaan ‘n ‘Non Profit’ geskep word. Inkomstes gaan gebruik word om die produksie te vervaardig, en moontlik te gebruik word vir ‘n volgende jaar. Daar gaan wel ‘n paar betaalde rolspelers wees. Dit is mense wat hul beroep beoefen om die produksie te vervaardig, en dit sal onregverdig wees om te verwag dat hul dit gratis moet doen. Meeste van die werk gaan deur vrywilligers behartig word. Die groot doel is om die koningkryk van die Here te bevorder.

Hoe kan jy betrokke word?

Ons het 'n opkomende geleenthede waar ons meer oor die visie gaan praat en ons nooi enige belangestellendes uit om te kom bywoon en hul dienste aan te bied.

Belangrike datums :

22 Julie @ 6nm

Bekendstelling en informasie deling.

TBA

Audisies en rolverdeling

Januarie - April 2026

Oefening en Voorbereiding

2 - 5 April 2026

Paasfees

Poster for the George Passion Play, April 2-5, 2026. The image depicts the empty tomb of Jesus at sunrise, with three crosses silhouetted on a hill in the background.  The entrance to the tomb is framed by rocks and foliage.

Wie het ons nodig

Rolle vir produksie

  • Jesus
  • 12 Dissipels
  • Pontius Pilatus
  • Mans en Dames met ‘n spreek beurte
  • Mans, Dames, Kinders van alle ouderdoms groepe, met geen spreek beurte

Daar is verskeie praat rolle, maar ook heelwat rolle wat net in die crowd is

Sangers vir produksie

  • Daar is heelwat sang, wat deur soliste gedoen gaan word. Die stuk is nie ‘n ‘musical’ nie, maar daar is sang dwarsdeur die stuk
  • Kore. Daar is ‘n paar geleenthede waar ‘n koor (of kore) nodig gaan wees

Musikante

  • Daar is ‘n verskeidenheid van liedjies, met verskillende style. Ons kort ‘n paar klassieke instrumente soos viole, tjello asook meer hedendaagse instrumente soos kitare en dromme

Stel bouers

  • Die stel is nie te gekompliseerd nie, maar daar is wel ‘n paar ‘props’ en dekor items nodig

‘Crew’

  • Daar is plek vir ‘Stage Manager’, ‘Stage hands’, ‘Ushers’, ens.

Ander leiers

  • Ons poog om ekstra geleenthede te hê oor die paasfees tydperk waar ander unieke maniere van paasfees ontdekking kan gebeur. Ons sien dinge soos ‘n ‘Stap na die kruis’ wat iemand kan lei en verantwoording vat.

Raak betrokke

Ons sal terug kom na jou toe

© 2025 Software developed by Excellent Tech | Excellent Design  | Build your own website with BYOW